FSP Licence Number 44816
*Jou kapitaal loop 'n risiko

FSB Approved Licence Categories

Verhandelingsprodukte

Khwezi Trade bied verhandeling op verskeie Globale markte, waar jy kan verhandel in Valutapare, Kommoditeite en Indekse – met baie mededingende pryse en lae marges.

Al hierdie instrumente word verhandel op dieselfde MT4-platform in Rand.

Geldeenheid-verskilkontrakte (CFD's)

Geldeenheid CFD’s (FX) is die wêreld se grootste en mees likiede finansiële markte, waar valuta gekoop en verkoop word. Wanneer jy handel dryf in Valuta CFD’s (FX), kan jy geld maak op stygende sowel as dalende valutapryse, en jy het nie baie geld nodig om te begin nie.

Die FX-mark is 24 uur per dag, 5 dae per week, oop en daarom is dit maklik om tyd in jou rooster te maak vir valutaverhandeling. Hoewel talle FX-handelaars dit verkies om nog hulle gewone werk te hou, is daar baie ander handelaars wat 'n bestaan daaruit maak om Valuta CFD’s te verhandel.

Sessie sluit 00:00 – 00:05 GMT.

Metale

Goud en silwer is gewilde bates vir handelaars wat hulleself wil beskerm teen inflasie en die wisselvalligheid van die markte, veral gedurende tye van ekonomiese onsekerheid.

Sessie sluit 00:00 – 01:00 GMT.

Indekse

Khwezi Trade bied meer as veertien effekte-indekse, sodat handelaars hulle opinie van die Amerikaanse, Europese, Asiese en Australiese markte kan verhandel.

DOWUSD, NASUSD, SPXUSD sessie sluit 23:15 – 23:30 GMT.
100GBP sessie sluit 23:15 – 23:30/00:00 – 01:00 GMT.
200AUD sessie sluit 08:30 – 09:10/23:00 – 01:50 GMT.

Kommoditeite

Khwezi Trade bied ook 'n reeks kommoditeitsinstrumente op die MT4-platform. Verhandel koffie, mielies, koring, ens. – alles vanuit 'n Rand-gebaseerde oplossing.

Energie

Brent-ruolie en West Texas (WTI) is twee van die mees aktief verhandelde instrumente en kan op ons platform verhandel word.

BREUSD sessie sluit 01:00 – 03:00 GMT.
WTIUSD sessie sluit 00:00 – 03:00 GMT.
OILUSD sessie sluit 00:00 – 03:00 GMT.